Jasper in die wildernis (8)

R140.00

Hierdie is die agste titel in die Jasper-reeks.

Jasper en Mossie kry die opwindende geleentheid om saam met ’n jaggeselskap Bosveld toe te gaan. Hulle slaap in tente, maak koffie oor ’n vuur en hou snags wag sodat wilde diere nie die kampterrein binnekom nie. Jasper wil egter graag saam met die grootmanne jag, maar blykbaar is hy nog te jonk. Hy stem dus gretig in toe die inboorlinge sy hulp vra om die wreedaardige leeu, wat chaos in hul stat veroorsaak, te vang. Maar is dié dorpsjapie opgewasse vir so ’n groot taak?

 

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die agste titel in die Jasper-reeks.

Jasper en Mossie kry die opwindende geleentheid om saam met ’n jaggeselskap Bosveld toe te gaan. Hulle slaap in tente, maak koffie oor ’n vuur en hou snags wag sodat wilde diere nie die kampterrein binnekom nie. Jasper wil egter graag saam met die grootmanne jag, maar blykbaar is hy nog te jonk. Hy stem dus gretig in toe die inboorlinge sy hulp vra om die wreedaardige leeu, wat chaos in hul stat veroorsaak, te vang. Maar is dié dorpsjapie opgewasse vir so ’n groot taak?

 

OOR DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 7-14 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

104

Verskyningsdatum

2016

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0387-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jasper in die wildernis (8)" te beoordeel
Mandjie