Jasper in die koshuis (9)

R140.00

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …

2 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …

 

OOR DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 7-14 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

96

Verskyningsdatum

Februarie 2017

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0390-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jasper in die koshuis (9)" te beoordeel
Mandjie