Jasper die speurder (4)

R140.00

Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale geleentheid om sy speursin op die proef te stel – hy wou tog nog altyd ’n bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die polisie in die hande kry? En kan hy die speurder-sersant en sy vrou uit die kloue van die boewe red?

2 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale geleentheid om sy speursin op die proef te stel – hy wou tog nog altyd ’n bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die polisie in die hande kry? En kan hy die speurder-sersant en sy vrou uit die kloue van die boewe red?

Kom deel in die avonture van Jasper!

 

OOR DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 7-14 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

106

Verskyningsdatum

September 2016

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0378-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jasper die speurder (4)" te beoordeel
Mandjie