Husse met lang ore

R175.00

Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem nie!

Husse met lang ore  is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

 

6 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie!

Husse met lang ore  is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

 

OOR DIE OUTEUR

Elsa Winckler skryf heeltyds. Haar eerste liefdesverhaal,  Tussen jazz en rock wen in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie. Sy wen ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses. In 2014 het sy nog ’n ATKV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse, Te eenders, te anders gewen en in 2016 weer met Liefde in laslap. In 2018 het sy haar eerste kinderboek by Protea Boekhuis, Wanneer is eendag, gepubliseer. Sy woon in Bettiesbaai.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Alida Bothma het ‘n diploma in Grafiese Ontwerp by die Kunsskool van die Kaapse Technikon verwerf. Sy het in 1979 internasionale blootstelling verkry met ’n waterverfuitstalling in Duitsland saam met ander SA kunstenaars soos Walter Battiss, Maud Sumner, Adolph Jentsch en Andrew Verster. In 1980 het sy begin kinderboeke illustreer en het reeds aan 150 boeke gewerk as illustreerder. Sy woon in Greyton.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, Voorskool

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 25 × 20 cm
Outeur

Elsa Winckler

Illustreerder

Alida Bothma

Verskyningsdatum

Januarie 2023

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-1064-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Husse met lang ore" te beoordeel
Mandjie