Horton hoor ‘n hoe!

R160.00

Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Op die 15de Mei in die oerwoud van Noel

terwyl Herrie Olifant swem in sy poel

sou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor,

’n klein krieselklankie wat krap in sy oor …

 

Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!

 

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.5 × 21 cm
Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

Junie 2021

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

72

ISBN

978-1-4853-1078-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Horton hoor ‘n hoe!" te beoordeel
Ook op TV!
Mandjie