Hoekom moet ek dit doen?

R160.00

Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoonskrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word!

Op ‘n prettige manier leer kinders dat daar altyd ’n goeie rede is vir elke reël.

21 in voorraad (kan steeds bestel word)

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoonskrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word!

Die slim kinders in hierdie boek weet dit – hulle weet dat daar altyd ’n goeie rede is vir elke reël. Maar dis lekkerder om snaakse, onsinnige redes uit te dink …

 

OOR DIE OUTEUR

Brigitte Raab (1966) het Voedselwetenskap studeer, maar is deesdae werksaam as redakteur en skrywer van boeke.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Manuela Olten (1970) is ’n fotograaf en ontwerper. Sy het Illustrasiekuns aan die Universiteit vir Ontwerp in Offenbach am Main studeer en in kinderboekillustrasies gespesialiseer. In 2004 het sy die Oldenburger Kinder- en Jeugboekprys ontvang. 

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

Kinders vanaf 3 jaar oud

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 21.5 × 28 cm
Outeur

Brigitte Raab

Vertaler

Nicol Stassen

Illustreerder

Manuela Olten

Verskyningsdatum

Oktober 2013

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-940-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Hoekom moet ek dit doen?" te beoordeel
Mandjie