Hoe die Grons Kersfees gesteel het!

R160.00

Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?

4 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat …

Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT!

 

Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?

 

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.5 × 21 cm
Outeur

Dr. Seuss

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Dr. Seuss

Verskyningsdatum

November 2019

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

64

ISBN

978-1-4853-1079-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Hoe die Grons Kersfees gesteel het!" te beoordeel
Ook op TV!
Mandjie