Hanli die hasie 2 (3-in-1 boek)

R200.00

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieënde hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens)

 

Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is.

 

Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieënde hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens)

Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is.

Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde behalwe wanneer sy verras word!

Op ’n dag sien Hanli ’n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie? 

’n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel …

Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie.  

Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Mandy Stanley is ‘n bekroonde illustreerder, skrywer en ontwerper wat al meer as 200 boeke vir kinders gepubliseer het.

 

LESERSPROFIEL

4 jaar en ouer

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.350 kg
Mates 254 × 226 cm
Outeur

Mandy Stanley

Illustreerder

Mandy Stanley

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Mei 2018

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

84

ISBN

978-1-4853-0812-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Hanli die hasie 2 (3-in-1 boek)" te beoordeel
Mandjie