Hanli die hasie (3-in-1)

R200.00

Hierdie is ‘n drie-in-een boek! (Die dansende hasie; Die strooimeisie & Die feetjiebal)

Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is.

Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

5 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Hierdie is ‘n drie-in-een boek! (Die dansende hasie; Die strooimeisie & Die feetjiebal)

Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is.

Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde – behalwe wanneer sy verras word!

Op ’n dag sien Hanli ’n prentjie van ’n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy ’n dansende ster wil word. Sy sluit by ’n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou. Maar sal so ’n klein hasie die danspassies regkry?

’n Ander keer ontvang Hanli ’n briefie: Sy word gevra om strooimeisie by ’n troue te wees. Dit klink só opwindend! Hanli kan haar oë nie glo toe sy haar pragtige strooimeisierok sien nie!

Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli genooi word om ’n feetjiebal in feetjieland by te woon. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kom die Feëkoningin daar aan met ’n besonderse geskenk – spesiaal vir Hanli.

Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Mandy Stanley is ‘n bekroonde illustreerder, skrywer en ontwerper wat al meer as 200 boeke vir kinders gepubliseer het.

 

LESERSPROFIEL

4 jaar en ouer

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.350 kg
Mates 254 × 226 cm
Outeur

Mandy Stanley

Illustreerder

Mandy Stanley

Verskyningsdatum

Oktober 2016

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

84

ISBN

978-1-4853-0567-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Hanli die hasie (3-in-1)" te beoordeel
Mandjie