Description
Die Geïllustreerde gids tot die menslike liggaam is meer as net ’n visuele woordeboek: dit is ook ’n begeleide toer deur die unieke masjien waarbinne elke individu woon! Met lewensgetroue hoëdefinisie-illustrasies bied hierdie publikasie ’n uitsonderlike blik op al die belangrikste liggaamsdele en -stelsels, van kroontjie tot kleintoontjie. Akkurate terminologie in Afrikaans en Engels, asook definisies en verhelderende teks stel lesers verder in staat om grondige kennis van die spesiale eienskappe en werking van die verskillende liggaamstelsels op te doen.
Treffend, verrykend en leersaam: Die Geïllustreerde gids tot die menslike liggaam is ’n onontbeerlike naslaanboek vir die hele gesin en die ideale manier om woordeskat uit te brei en die kompleksiteit van die menslike liggaam te ontdek. Die teks bevat meer as 1500 mediese terme en 250 lewensgetroue illustrasies en word verdeel in die volgende temas:
Selle en weefsel
Morfologie
Die skelet
Spiere
Gewrigte
Die senuweestelsel
Die lifmstelsel
Die spysverteringstelsel
Die asemhalingstelsel
Die urienstelsel
Die voortplantingstelsel
Sintuie
Die endokriene stelsel
LESERSPROFIEL
Voorskool, jeug en tieners
Reviews
There are no reviews yet.