Beskrywing
AGTERGROND
Jou liggaam verander, nuwe emosies verwar jou en jy het honderd duisend vrae wat jy nie weet hoe of vir wie om te vra nie. Jy is skielik fyngevoelig, selfbewus en sommer net moeilik. Maar hoekom? En hoekom is daardie pes van ’n meisiekind ewe skielik vir jou so oulik?
As al die bogenoemde waar is, is hierdie boek vir jou. Want jy is ’n “puber” en ’n nuwe wêreld gaan vir jou oop.
Ouers weet dikwels nie hoe om sulke sensitiewe vrae te beantwoord nie en het nie noodwendig tyd om by te hou met wat in hul tienerkinders se koppe aangaan nie. Met die gevaar van ongekontroleerde bronne op die internet vandag, is dit belangrik om die regte inligting van ’n betroubare bron te verkry, en dis wat hierdie boek poog om te doen.
Jan von Holleben het op kreatiewe en prettige wyse die avontuur van grootword deur middel van foto’s daargestel, en Antje Helms gee insiggewende antwoorde op ’n direkte, maar sensitiewe, manier. Die boek bied antwoorde op allerhande vrae oor puberteit en seks wat jongmense nie noodwendig vir hul ouers wil vra nie.
LESERSPROFIEL
- Teikenmark is 12-18 jaar oue jeugdiges
- Ouers van tieners wat puberteit ondergaan
- Skole (veral biologie en voorligtingsopvoeding)
- Seksvoorligting- en voorgeboortesentrums
- Beraders
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.