Description
AGTERGROND
Skreeusnaaks!!
Ernst is ‘n aaklige kiem, ‘n vreesaanjaende kiem. Die wetenskaplike wat hom ontdek het, Professor Pluk, is sy eerste slagoffer. Die dag toe die professor hom vir die eerste keer onder sy mikroskoop gewaar, spring hy op die professor en klim tot binne-in sy brein. Vandaar vermaak hy homself deur vreemde opdragte vir die professor te gee: hardloop die comrades-maraton met hoëhakskoene, kam ‘n kameelperd se kuif, nooi kannibale uit vir aandete, verf die marsmannetjies rooi … en Pluk gehoorsaam elke keer.
‘n Heerlike absurde kinderboek wat kinders en ouers met humor en helderkleurige illustrasies vermaak.
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
André Bouchard is ‘n strokiesprentkunstenaar vir top Franse nuustydskrifte. Hy het al verskeie humoristiese kinderboeke geskryf en geillustreer.
LESERSPROFIEL
3 – 9
Reviews
There are no reviews yet.