Ek sou graag ‘n kind wil opvreet

R160.00

Elke oggend bring Mamma Krokodil vir Kareltjie lekker piesangs vir ontbyt. En elke oggend sê sy verbaas: “My seun, kyk hoe groot word jy, en mooi! Kyk net daardie tande!”

Maar een oggend wil Kareltjie niks eet nie. Mamma Krokodil is bekommerd en vra: “Is jy seker? Wil jy nie een van hierdie heerlike, sagte piesangs hê nie?”

“Nee dankie, Mamma,” antwoord Kareltjie. “Vandag wil ek liewer ’n kind opvreet.”

“Wat ’n gedagte, Kareltjie!” roep sy ma uit. “Daar groei nie kinders aan piesangbome nie, net piesangs!”

8 in voorraad (kan steeds bestel word)

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Elke oggend bring Mamma Krokodil vir Kareltjie lekker piesangs vir ontbyt. En elke oggend sê sy verbaas: “My seun, kyk hoe groot word jy, en mooi! Kyk net daardie tande!”

Maar een oggend wil Kareltjie niks eet nie. Mamma Krokodil is bekommerd en vra: “Is jy seker? Wil jy nie een van hierdie heerlike, sagte piesangs hê nie?”

“Nee dankie, Mamma,” antwoord Kareltjie. “Vandag wil ek liewer ’n kind opvreet.”

“Wat ’n gedagte, Kareltjie!” roep sy ma uit. “Daar groei nie kinders aan piesangbome nie, net piesangs!”

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

4-8 jaar oud

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 26.6 × 21.4 cm
Outeur

Sylviane Donnio

Vertaler

Nicol Stassen

Illustreerder

Dorotheé de Monfreid

Verskyningsdatum

2012

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-743-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Ek sou graag ‘n kind wil opvreet" te beoordeel
Mandjie