Description
AGTERGROND
Dit is herfs in die bos. Dirkie soek na kastaiings maar vind op die grond ook ’n eekhoring. Slaap hy? Is hy siek of het hy ’n pootjie gebreek? Dirkie gaan haal sy vriendinnetjie Annie en saam neem hulle die eekhoring na Dirkie se mamma. Sy sien dadelik wat fout is.
Met die hulp van Mamma en Pappa neem Dirkie afskeid van ’n eekhoring. ’n Ontroerende verhaal vir kinders vanaf 4 jaar.
Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki (oftewel Dirkie in Afrikaans) gewen. Sedertdien is hy voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke is in meer as 30 lande beskikbaar.
Ander boeke in die reeks:
Dirkie word ouboet
Dirkie en Annie
Dirkie en sy vriendjies
Dirkie verjaar
OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER
Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Omdat ek so lief is vir jou is ’n gunsteling waarvan daar al meer as 200 000 eksemplare verkoop is.
OOR DIE VERTALER
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool
Reviews
There are no reviews yet.