Dirkie en Annie

R160.00

PRYSWENNER-REEKS!

Dirkie is verlief. Hy droom daarvan om Annie se vriendjie te wees, maar hy is te bang om haar te vra. Dan versin hy maar iets om indruk op haar te maak: miskien hou sy van ʼn konyn met bruin vlekke, of ʼn konyn met baie soetwortels, of ʼn konyn wat slim lyk … Annie lag elke keer as sy hom in ʼn nuwe gewaad sien. Dirkie vermom hom dan as ʼn geheimsinnige konyn en wanneer Annie hom sien, raak sy bang en hardloop weg. Dirkie kom agter dat sy van hom hou net soos wat hy is. Maar sal Dirkie nou die moed hê om haar uit te vra?

Dirkie (oftewel Rikki soos hy in Nederland genoem word, Nicky in Duitsland, Benji in Frankryk of sommer net Flop-Ear in Amerika) is die skepping van Guido van Genechten. In 1998 het Van Genechten met die boek Rikki die Prys van die stad Hasselt, die belangrikste internasionale wedstryd vir kinderboek-illustreerders, gewen.

Ander boeke in die reeks:

Dirkie word ouboet

Dirkie en sy vriendjies

Dirkie verjaar

7 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER

Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Omdat ek so lief is vir jou is ’n gunsteling waarvan daar al meer as 200 000 eksemplare verkoop is.

OOR DIE VERTALER

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

Addisionele Inligting

Gewig 0.310 kg
Mates 21 × 29 cm
Outeur

Guido van Genechten

Vertaler

Shané Kleyn

Illustreerder

Guido van Genechten

Verskyningsdatum

2011

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-428-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Dirkie en Annie" te beoordeel
Mandjie