Die ysmonster

R265.00

Elsie, ’n weeskind wat in die tyd van koningin Victoria in Londen op straat bly, hoor van die geheimsinnige YSMONSTER – ’n wolhaarmammoet wat in die Noordpool ontdek is – en is vasberade om meer daaroor uit te vind …

Elsie kom van aangesig tot aangesig met die mammoet en beleef die avontuur van ’n leeftyd – van Londen af, oor onstuimige oseane, tot in die hartjie van die Noordpool!

32 in voorraad

Beskrywing

Betree die wêreld van David Walliams!

 

AGTERGROND

Elsie, ’n weeskind wat in die tyd van koningin Victoria in Londen op straat bly, hoor van die geheimsinnige YSMONSTER – ’n wolhaarmammoet wat in die Noordpool ontdek is – en is vasberade om meer daaroor uit te vind …

Elsie kom van aangesig tot aangesig met die mammoet en beleef die avontuur van ’n leeftyd – van Londen af, oor onstuimige oseane, tot in die hartjie van die Noordpool!

In David Walliams se grootste en opwindendste avontuur ooit gaan jy helde van allerhande vorms en groottes ontmoet!

 

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (wat in 2017 as Die seun in die rok by Protea verskyn), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDERS

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool, Jeug, Tiener

 

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 19.7 × 12.7 cm
Outeur

David Walliams

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Tony Ross

Verskyningsdatum

Mei 2021

Aantal bladsye

496

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1181-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die ysmonster" te beoordeel
Mandjie