Beskrywing
AGTERGROND
Hierdie skreeusnaakse verhaal word vertel vanuit die perspektief van twee grootprater jong seuns. Die seuns dink alle meisies is laf en simpel. Maar wanneer spoke geopper word, sing hulle gou ’n ander deuntjie!
OOR DIE OUTEUR
Manuela Olten is, benewens ’n suksesvolle kinderboekskrywer en –illustreerder, ’n fotograaf en ’n ontwerper. Sy het ’n graad in Kinderboekillustrasie ontvang in Offenbach, Duitsland. Manuela gebruik haar unieke sin vir humor om humoristiese verhale te skep. Haar werke is al in vele tale vertaal.
OOR DIE VERTALER
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met rees 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool








Resensies
Daar is tans geen resensies nie.