Die volledige skaakboek

R240.00

In die wêreld se beroemdste bordspel is die koning se lot in jou hande. Om jou koning te beskerm en die bord te verower, moet jy baie taktiese kunsies in die mou voer. Hierdie boek bied jou die nodige gereedskap om uitmuntende skaak te speel, of jy ’n beginner of reeds ’n ervare speler is. Leer hoe om dodelike lokvalle vir jou vyand te stel en die swakplekke in jou vyand se leër raak te sien. Ontdek ook hoe om doeltreffende aanvalle van stapel te stuur en watter betroubare strategieë jy kan gebruik om jou leër te verdedig. Hierdie boek bevat meer as 80 uitdagende skaakprobleme om jou pas verworwe vaardighede te toets, en beveel ook webwerwe aan waar jy meer oor skaak kan uitvind.

Die volledige skaakboek is geskik vir skaakspelers van alle vaardigheidsvlakke, asook dié wat skaak wil leer speel. Die boek se eenvoudige dog opwindende ontwerp word gekombineer met toeganklike en gebruikersvriendelike teks en verduidelikings, en is propvol kleurvolle illustrasies en foto’s.

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEURS

Teks deur Elizabeth Dalby, ontwerp deur Adam Constantine en Ruth Russel, illustrasies deur Verinder Bhachu, Adam Constantine en Leonard Le Rolland en digitale voorstellings deur Keith Furnival. In samewerking met Jonathan Rowson, driemalige Britse skaakkampioen.

LESERSPROFIEL

Kinders vanaf 8 jaar en op

Addisionele Inligting

Mates 27.6 × 21.6 cm
Verskyningsdatum

2014

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-86919-726-1

Outeur

Elizabeth Dalby

Aantal bladsye

96

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die volledige skaakboek" te beoordeel
Mandjie