Die voëltjies se ABC

R115.00

In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op ’n baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voëltjie iets sê en doen; een drink ’n glas leeg en breek ’n wind op (Burp!), ’n ander sit rustig op ’n tak tot ’n appel op sy kop val (Doink!), en ander voëltjies eet wurms (Njam!) of lê eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek ’n houtkapper ’n “T” met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok …) en maak ’n ander voël sy nes bo in die “Y”. Die voëltjies se ABC is ’n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!

1 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Piet Grobler (1959) is ’n welbekende, veelbekroonde en internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder, sowel as ’n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee aftrek geniet.

LESERSPROFIEL

4-7 jaar oud

Addisionele Inligting

Gewig .100 kg
Mates 15 × 14 cm
Outeur

Piet Grobler

Illustreerder

Piet Grobler

Verskyningsdatum

2011

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

52

ISBN

978-1-86919-508-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die voëltjies se ABC" te beoordeel
Mandjie