Die vertakte, verwikkelde, vervlakste storie van die vet klein hondjie

R100.00

Die klein vet hondjie slaap die heel graagste die hele dag lank in sy hondehok. Maar wat gebeur as hy die dag lus is om te speel? Dit hang heeltemal af van sy bui en wie sy pad sal kruis! Daarom word dié storie elke keer anders verder vertel, totdat die klein vet hondjie eindelik weer by sy hok ingaan om te slaap. Drie heeltemal verskillende stories wat uit die eerste sin spruit en wat die leser na willekeur kan lees en geniet.

11 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Hans Peter Willberg (1930-2003) was ’n tipograaf, illustreerder, boekontwerper, onderwyser en outeur van niefiksie-boeke. Hy word beskou as een van die mees belangrike boekontwerpers ná die Tweede Wêreldoorlog.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Peter Beckhaus (1956) is ’n grafiese ontwerper wat saam met sy familie in Mainz woon. Hy was een van Hans Peter Willberg se studente, en later ook vir baie jare sy kollega.

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

Addisionele Inligting

Mates 30 × 23 cm
Outeur

Hans Peter Willberg

Illustreerder

Peter Beckhaus

Vertaler

Nicol Stassen

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-745-2

Verskyningsdatum

Julie 2012

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die vertakte, verwikkelde, vervlakste storie van die vet klein hondjie" te beoordeel
Mandjie