Die vallei van die windmeulens

R160.00

In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wêreld geleef. Tot die dag wat die Volmaakte Masjiene opgedaag het. Danksy die Volmaakte Masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wêreld te leef. Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal regtig ophou droom?

10 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wêreld geleef. Tot die dag wat die Volmaakte Masjiene opgedaag het. Danksy die Volmaakte Masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wêreld te leef. Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal regtig ophou droom?

 

OOR DIE OUTEUR

Noelia Blanco het in Argentinië grootgeword en woon deesdae in Frankryk. Sy het Filosofie, Literatuur en Musiekonderwys in Buenos Aires gestudeer en werk as skrywer en musiekonderwyser. Sy vertaal ook kinderboeke uit Italiaans, Frans en Engels na Spaans.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Valeria Docampo (gebore 1976) woon in Buenos Aires, Argentinië. Sy het ’n tyd lank grafiese ontwerp aan die Universiteit van Buenos Aires gedoseer, maar spits haar sedert 2003 grootliks op kinderboeke toe. Sy is in aanvraag by verskeie uitgewerye in Amerika, Argentinië, België, Frankryk, Griekeland, Groot Brittanje, Meksiko, Puerto Rico en Spanje. In 2008 is sy saam met 29 ander illustreerders gekies om Argentinië by die Bologna boekeskou te verteenwoordig.

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

6 +

 

Addisionele Inligting

Mates 24.7 × 24 cm
Outeur

Noelia Blanco

Illustreerder

Valeria Docampo

Vertaler

Nicol Stassen

Verskyningsdatum

2015

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

40

ISBN

978-1-4853-0111-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die vallei van die windmeulens" te beoordeel
Mandjie