Beskrywing
AGTERGROND
Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar ná die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg.
Philip Senekal begin sy hoërskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. Maar eers moet hy ook ’n Uile-bende stig. Was sy pa dan nie die Groot Uil van die beroemde Uile-bende nie? En hy is uitgeknip sy pa se seun. Groot is sy verbasing toe hy sy kamermaat ontmoet – ene Jorsie Neethling, seun van ’n ou vriend van sy pa. Een ná die ander kom die seuns van die Uile op Kranskop aan. Uiteindelik is die bende weer voltallig!
OOR DIE OUTEUR
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.
LESERSPROFIEL
Jeug (8-12 jaar)









Resensies
Daar is tans geen resensies nie.