Afslag!

Die Uile van Kranskop (1)

Original price was: R180.00.Current price is: R160.00.

Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken?

Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie. Ook drie ander graad 9’s: Berrie du Toit, Vaatjie Botha en Jorsie Neethling kry opdragte om op ’n sekere tyd op ’n sekere plek te wees.

Gou is dit duidelik dat Die Groot Uil, oftewel Philip, sy vier Kranskopse vriende – wat voortaan as Die Uile bekend sal staan – bymekaargeroep het vir die begin van ’n hele reeks onvergeetlike avonture. Diewe word gevang en boelies moet les opsê …

Maar sal alles vir hierdie vyf Uile ewe glad verloop? Wat gebeur as hulle onder verdenking kom en as Philip se suster skielik spoorloos verdwyn?

4 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
SKU: KKB828 Genres: , , ,

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Jeug (8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

144

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

Februarie 2011

ISBN

9781869194345

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Uile van Kranskop (1)" te beoordeel
Mandjie