Die towenaars van toeka: Nooit en vir ewig (4)

R295.00

Xar en Wens het die bestanddele vir die doepa om van hekse ontslae te raak gekry. Nou roep die towerkoning hulle na die Meer van die Verlorenes. Maar hulle moet die doepa eers in die beker van tweede kanse aanmaak.

Xar is ’n towenaarseun wat deur ’n gevaarlike heksevlek beheer word. Wens is ’n krygermeisie met sterk towerkrag. 

Kan hulle die honger Draakwurmmonster verslaan en met die beker ontsnap? En sal die doepa se towerspreuk sterk genoeg wees om die VLOEK VAN DIE WOESTE WOUD te verbreek … of sal die hekse VIR EWIG regeer?

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Xar en Wens het die bestanddele vir die doepa om van hekse ontslae te raak gekry. Nou roep die towerkoning hulle na die Meer van die Verlorenes. Maar hulle moet die doepa eers in die beker van tweede kanse aanmaak.

Xar is ’n towenaarseun wat deur ’n gevaarlike heksevlek beheer word. Wens is ’n krygermeisie met sterk towerkrag. 

Kan hulle die honger Draakwurmmonster verslaan en met die beker ontsnap? En sal die doepa se towerspreuk sterk genoeg wees om die VLOEK VAN DIE WOESTE WOUD te verbreek … of sal die hekse VIR EWIG regeer?

 

OOR DIE OUTEUR

Cressida Cowell is die skrywer en illustreerder van die blitsverkoper-reeks How to Train your Dragon (oftewel Hoe om jou draak te tem), wat nou ’n bekroonde Dream Works-filmreeks is, asook ’n reeks wat op Netflix en CBBC vertoon word. Cressida het in Londen grootgeword en ook op ’n klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland. Sy woon nou in Hammersmith saam met haar man, drie kinders en ’n hond genaamd Pigeon.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf en redigeer hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Suidooster, Binnelanders en Swartwater.

 

LESERSPROFIEL

Ouer jeug en tieners

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Cressida Cowell

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

Augustus 2022

Aantal bladsye

400

ISBN

978-1-4853-1188-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die towenaars van toeka: Nooit en vir ewig (4)" te beoordeel
Mandjie