Die towenaars van toeka: Klop drie keer (3)

R295.00

Wens en Xar moet nou soos misdadigers vlug. Almal maak op hulle jag: krygers, towenaars en die ergste van almal: HEKSE …

Kan hulle die geheime bestanddele vir die towerspreuk wat van hekse ontslae raak in die hande kry voordat die heksekoning sy kloue op towerkrag-wat-op-yster-werk kry? 

Hulle volgende sending is nog meer skrikwekkend en gevaarlik as ooit … En iemand gaan hulle verraai … Is jy gereed om drie keer te klop?

5 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Cressida Cowell is die skrywer en illustreerder van die blitsverkoper-reeks How to Train your Dragon (oftewel Hoe om jou draak te tem), wat nou ’n bekroonde Dream Works-filmreeks is, asook ’n reeks wat op Netflix en CBBC vertoon word. Cressida het in Londen grootgeword en ook op ’n klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland. Sy woon nou in Hammersmith saam met haar man, drie kinders en ’n hond genaamd Pigeon.

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf en redigeer hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Suidooster, Binnelanders en Swartwater.

LESERSPROFIEL

Ouer jeug en tieners

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Cressida Cowell

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

Maart 2021

Aantal bladsye

392

ISBN

978-1-4853- 0881-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die towenaars van toeka: Klop drie keer (3)" te beoordeel
Mandjie