Die towenaars van toeka (1)

R295.00

Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.

Die storie begin met die ontdekking van

’N REUSAGTIGE SWART VEER.

Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie?

Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.

Die storie begin met die ontdekking van

’N REUSAGTIGE SWART VEER.

Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie?

Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?

 

OOR DIE OUTEUR

Cressida Cowell is die skrywer en illustreerder van die blitsverkoper-reeks How to Train your Dragon (oftewel Hoe om jou draak te tem), wat nou ’n bekroonde Dream Works-filmreeks is, asook ’n reeks wat op Netflix en CBBC vertoon word. Cressida het in Londen grootgeword en ook op ’n klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland. Sy woon nou in Hammersmith saam met haar man, drie kinders en ’n hond genaamd Pigeon.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf en redigeer hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Suidooster, Binnelanders en Swartwater.

 

LESERSPROFIEL

Tieners

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Cressida Cowell

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

Augustus 2018

Aantal bladsye

400

ISBN

978-1-4853-0879-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die towenaars van toeka (1)" te beoordeel
Mandjie