Die tier wat kom tee drink het

R160.00

Die tier wat kom tee drink het is ’n klassieke kinderverhaal wat handel oor ’n meisie en haar ma, en ’n pratende tier wat hulle onderbreek terwyl hulle tee drink.

14 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die deurklokkie lui net toe Sarie en haar ma gaan sit om tee te drink.

Wie kan dit nou wees?

Hulle verwag sekerlik nie ’n groot, harige, gestreepte tier nie!

 

Die tier wat kom tee drink het is ’n kort kinderverhaal wat vir die eerste keer in 1968 verskyn het. Dit handel oor ’n meisie, haar ma, en ’n pratende tier wat hulle onderbreek terwyl hulle tee drink. Ná veertig jaar bly dit steeds ’n gewilde boek wat onder andere vir die verhoog aangepas is en ’n Facebook-blad het met meer as 23 400 volgelinge.

 

OOR DIE OUTEUR

Judith Kerr (1923) is ’n Duits-gebore Britse skrywer en illustreerder van pragtige prenteboeke soos Die tier wat kom tee drink het en ook ernstiger boeke vir ouer kinders soos die outobiografiese When Hitler Stole Pink Rabbit, wat die Tweede Wêreldoorlog uit die perspektief van ’n kind skets.

 

OOR DIE VERTALER

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:

Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)

Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed, Die eier en Viskos (M.P. Robertson)

Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)

Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en

Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.45 kg
Mates 24.6 × 19 cm
Outeur

Judith Kerr

Vertaler

Shané Kleyn

Verskyningsdatum

Januarie 2012

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-561-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die tier wat kom tee drink het" te beoordeel
Mandjie