Description
AGTERGROND
Vanaf die vroegste tye verken mense al die aardbol op soek na nuwe plekke om te bewoon, verleidelike skatte, asemrowende vergesigte of die roemryke voorreg om die éérste mens op ’n hoë bergpiek te wees.
Hierdie boek vertel die verhale van onverskrokke ontdekkingsreisigers wat dit tot by die ysige pole gewaag het, bloedig warm woestyne oorgesteek het, riviere vol krokodille trotseer of vir die eerste keer reg rondom die aarde geseil het.
’n Wonderlike naslaangids propvol feite wat humoristies en toeganklik aangebied word.
LESERSPROFIEL
Kinders van 6–12 jaar (en hul ouers!) behoort oor en oor na hierdie boek te kan verwys as ’n skat van antwoorde op alledaagse vrae.
Reviews
There are no reviews yet.