Beskrywing
AGTERGROND
Soms voel die wêreld so reusagtig, en jy so klein. En dan is ’n onverwagse vriend, en ’n titseltjie toorkuns, net wat jy nodig het om die dapperheid uit jou uit te bring.
Dié pragtige verhaal gaan oor Kara en haar ma wat na ’n nuwe huis trek. In die huis ontmoet sy haar denkbeeldige vriend, die sneeuleeu, wat haar stadig maar seker aanmoedig om nuwe maats te maak. Dis ’n klassieke, betowerende boek oor vriendskap.
OOR DIE OUTEUR
Jim Helmore woon in Londen. Hy het heelwat kinderboeke geskryf, waarvan die Letterbox Lil-reeks en Stripey Horse-reeks pryse gewen het.
LESERSPROFIEL
3 – 8 jaar
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.