Die seun wat drake kweek 03: Die Seun wat saam met drake vlieg

R220.00

Tomas kan nie sy lewe voorstel sonder sy draak, Flikker, nie. Maar hy het sy oupa belowe dat hy en sy vriende hulle drake sal vrylaat, en dis beslis nie ’n maklike ding om te doen nie. Veral nie wanneer Tomas en sy vriende soveel pret het saam met hulle drake Flikker, Son, Vrieska en Sluiper nie, nie as hulle nog moet uitwerk waar die drake vandaan kom en hoe om hulle weer terug by hulle huis te kry nie, en nie as Tomas op die nippertjie is om die storie agter die geheimsinnige draakvrugboom uit te pluis nie!

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Tomas kan nie sy lewe voorstel sonder sy draak Flikker nie. Flikker is meer as net ’n troeteldier – hy’s die beste maat wat Tomas al ooit gehad het! Maar hy het sy oupa belowe dat hy en sy vriende hulle drake sal vrylaat, en dis beslis nie ’n maklike ding om te doen nie. Veral nie wanneer Tomas en sy vriende soveel pret het saam met hulle drake Flikker, Son, Vrieska en Sluiper nie, nie as hulle nog moet uitwerk waar die drake vandaan kom en hoe om hulle weer terug by hulle huis te kry nie, en nie as Tomas op die nippertjie is om die storie agter die geheimsinnige draakvrugboom uit te pluis nie!

 

OOR DIE OUTEUR 

Andy Shepherd is ’n kinderboekskrywer. Sy het aan die kus by Essex grootgeword en het die meerderheid van haar kinderdae in bote deurgebring, gedurig aan’t skryf. Sy woon tans naby Cambridge in Engeland saam met haar man en hulle twee seuns en haar hoofambisie in die lewe is om uit te pluis hoe om Cambridge nader aan die see te skuif. Andy se debuutboek, The Boy Who Grew Dragons, word opgevolg deur The Boy Who Lived with Dragons en The Boy Who Flew with Dragons.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Sara Ogilvie is ’n bekroonde illustreerder. Sy is in 1971 in Edinburgh gebore en woon tans in Newcastle upon Tyne in Engeland. Sara het al talle prenteboeke vir kinders geïllustreer, waaronder The Detective Dog deur Julia Donaldson, The Worst Princess deur Anna Kemp en Izzy Gizmo deur Pip Jones.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014) en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die Walvisse gekom het (Protea, 2015).

 

LESERSPROFIEL

Voorskool, jeug, tiener

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 19.8 × 129 cm
Outeur

Andy Shepherd

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Sara Ogilvie

Aantal bladsye

256

Verskyningsdatum

Oktober 2021

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1284-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die seun wat drake kweek 03: Die Seun wat saam met drake vlieg" te beoordeel
Mandjie