Die seun wat drake kweek 01

R220.00

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel word gereeld brandgesteek. Maar die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

“Wanneer mense vra wat ons in Oupa se tuin kweek,
dink ek hulle verwag ek gaan sê komkommers,
tamaties of rankbone. Ek dink nie hulle verwag
ek gaan sê ons kweek drake nie. Maar nou ja, daar het jy dit.
Ons kweek drake. En ek kan jou één ding sê – drake is
baie meer moeite as komkommers.”

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?

OOR DIE OUTEUR 

Andy Shepherd is ’n kinderboekskrywer. Sy het aan die kus by Essex grootgeword en het die meerderheid van haar kinderdae in bote deurgebring, gedurig aan’t skryf. Sy woon tans naby Cambridge in Engeland saam met haar man en hulle twee seuns en haar hoofambisie in die lewe is om uit te pluis hoe om Cambridge nader aan die see te skuif. Andy se debuutboek, The Boy Who Grew Dragons, word opgevolg deur The Boy Who Lived with Dragons en The Boy Who Flew with Dragons.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Sara Ogilvie is ’n bekroonde illustreerder. Sy is in 1971 in Edinburgh gebore en woon tans in Newcastle upon Tyne in Engeland. Sara het al talle prenteboeke vir kinders geïllustreer, waaronder The Detective Dog deur Julia Donaldson, The Worst Princess deur Anna Kemp en Izzy Gizmo deur Pip Jones.

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014) en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die Walvisse gekom het (Protea, 2015).

LESERSPROFIEL

Voorskool, jeug, tiener

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 19.8 × 129 cm
Outeur

Andy Shepherd

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Sara Ogilvie

Aantal bladsye

218

Verskyningsdatum

September 2021

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1266-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die seun wat drake kweek 01" te beoordeel
Mandjie