Beskrywing
AGTERGROND
Die gevreesde rower Hotsenplots het weer toegeslaan! En hierdie keer op Kasper en Stoffel se ouma. Hy het haar geliefkoosde koffiemeultjie gesteel wat hulle vir haar verjaarsdag vir haar gegee het. Tot hier toe en nie verder nie! Kasper en Stoffel beraam โn plan om die skurk vas te trek. Maar die een beland in die rowersnes en die ander in die kasteel van die grote, boosaardige towenaar Petrosilius Plagelman. Hoe nou gemaak?
OOR DIE OUTEURย
Otfried Preussler is โn baie bekende kinderboekskrywer in Duitsland. Sy boeke is reeds in 55 tale vertaal en meer as 50 miljoen eksemplare is wรชreldwyd verkoop. Hy is in 1972 bekroon met die Duitse Jugendliteraturpreis vir Krabat. Sy bekendste werke sluit in Krabat en Die rower Hotsenplots. ย
LESERSPROFIEL
Voorskool en jeug







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.