Beskrywing
AGTERGROND
Isak speel in sy gunstelingpoel langs die berg. Toe dit begin reën, gooi hy die water in sy bottel in die poel en hardloop saam met die blink strome waar dit oor watervalle stort, in riviere kronkel en uitmond in die see. Waar gaan die water wat in my bottel was nou heen? wonder Izak.
Van die kleinste druppel tot die diepste oseaan, in hierdie pragboek word die verhaal van die watersiklus op aarde vertel.
OOR DIE OUTEUR
Grahame Baker-Smith is al twintig jaar lank skrywer en illustreerder en ontvang in 2011 die gesogte Greenaway Medalje vir sy kinderboek, FARTHER.
LESERSPROFIEL
Voorskool en jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.