Die Rietrotte lê laag (5)

R175.00

Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort.

2 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND 

Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.

 

OOR DIE OUTEUR

 Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.

Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Sy is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg  en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.

 

LESERSPROFIEL

Jong tieners (graad 6 tot 8), veral seuns.

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Nerine Ahlers

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

144

Verskyningsdatum

September 2021

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-1235-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Rietrotte lê laag (5)" te beoordeel
Mandjie