Die Rietrotte en die stropers (4)

R175.00

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan –  en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel by iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek.

2 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND 

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan –  en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie. Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel …

Kamp is nie vir sissies nie!

 

OOR DIE OUTEUR

Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.

Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Sy is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg  en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.

 

LESERSPROFIEL

Jong tieners (graad 6 tot 8), veral seuns.

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Nerine Ahlers

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

112

Verskyningsdatum

April 2021

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-1229-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Rietrotte en die stropers (4)" te beoordeel
Mandjie