Die Rietrotte en die rowers (2)

R175.00

Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly.

2 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND

Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly.

Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie.

Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie.

Hoërskool is nie vir sissies nie!

 

OOR DIE OUTEUR

 Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.

Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Sy is die skrywer van Onkant en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg  en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; Sms’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.

 

LESERSPROFIEL

 Jong tieners (graad 6 tot 8), veral seuns.

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Nerine Ahlers

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

120

Verskyningsdatum

Februarie 2020

Formaat

137 x 213 mm

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-1001-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Rietrotte en die rowers (2)" te beoordeel
Mandjie