Die Rietrotte en die raaisel (3)

R175.00

Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

2 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND

Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?

En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Hoërskool is nie vir sissies nie!

 

OOR DIE OUTEUR 

Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.

Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Sy is die skrywer van Onkant en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg  en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.

 

LESERSPROFIEL  

Jong tieners (graad 6 tot 8), veral seuns.

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.3 × 13.7 cm
Aantal bladsye

124

Outeur

Nerine Ahlers

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Verskyningsdatum

Julie 2020

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-1161-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Rietrotte en die raaisel (3)" te beoordeel
Mandjie