Die Otters se veldskoolavonture (7)

R150.00

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die sewende boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.

Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel … Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 6-14 jaar (Voorlees en selflees)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

128

Verskyningsdatum

Julie 2011

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-418-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Otters se veldskoolavonture (7)" te beoordeel
Mandjie