Die Otters se koshuisstreke (2)

R150.00

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die tweede boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyand, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 6-14 jaar (Voorlees en selflees)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

136

Verskyningsdatum

September 2020

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-380-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Otters se koshuisstreke (2)" te beoordeel
Mandjie