Die Otters se “fietstoer” (5)

R150.00

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die vyfde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Die Otters skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Ná heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers …

Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie … Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek?

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 6-14 jaar (Voorlees en selflees)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

110

Verskyningsdatum

Februarie 2011

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-416-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Otters se “fietstoer” (5)" te beoordeel
Mandjie