Die Otters op die bosveldplaas (3)

R150.00

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die derde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge skeef: Daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter. Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap – en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word … Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter?

Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 6-14 jaar (Voorlees en selflees)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

148

Verskyningsdatum

Junie 2010

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-381-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Otters op die bosveldplaas (3)" te beoordeel
Mandjie