Die Otters en die huis op die krans (4)

R150.00

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die vierde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag?

Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur … Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor?

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 6-14 jaar (Voorlees en selflees)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

110

Verskyningsdatum

September 2010

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-403-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Otters en die huis op die krans (4)" te beoordeel
Mandjie