Afslag!

Die Otters-bundel (boek 1 – 8)

Original price was: R960.00.Current price is: R750.00.

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Daar is 8 boeke in die reeks.

Kom deel in die avonture van Die Otters!

(Koop die bundel en spaar!)

(Voorlees en selflees)

Die Otters (1)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Die Otters is die eerste boek van die reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in ’n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het ...

 

 

 

5 in voorraad

Die Otters se koshuisstreke (2)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die tweede boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyand, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?

 

 

 

9 in voorraad

Die Otters op die bosveldplaas (3)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die derde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge skeef: Daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter. Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap - en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word ... Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter?

Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?

9 in voorraad

Die Otters en die huis op die krans (4)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die vierde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag?

Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor?

9 in voorraad

Die Otters se "fietstoer" (5)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die vyfde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Die Otters skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Ná heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ...

Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek?

9 in voorraad

Die Otters: Skateiland van die Seychelles (6)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die sesde boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van ’n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook in die buit wil deel …

9 in voorraad

Die Otters se veldskoolavonture (7)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die sewende boek van Die Otters-reeks wat bestaan uit ’n totaal van agt boeke.

Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.

Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel … Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?

8 in voorraad

Die Otters in die Okavango-moeras (8)

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Hierdie is die laaste titel van Die Otters-reeks.

Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.

 

Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer. Sal die seuns op mopaniewurms oorleef? En sal hulle ooit by Moremi uitkom?

9 in voorraad

5 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan!

Daar is 8 boeke in die reeks.

Kom deel in die avonture van Die Otters!

 

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 6-14 jaar (Voorlees en selflees)

Addisionele Inligting

Gewig 2.5 kg
Mates 137 × 213 × 33 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Die Otters (1)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

128

Verskyningsdatum

Desember 2014

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-359-1

Die Otters se koshuisstreke (2)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

136

Verskyningsdatum

September 2020

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-380-5

Die Otters op die bosveldplaas (3)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

148

Verskyningsdatum

Junie 2010

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-381-2

Die Otters en die huis op die krans (4)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

110

Verskyningsdatum

September 2010

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-403-1

Die Otters se "fietstoer" (5)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

110

Verskyningsdatum

Februarie 2011

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-416-1

Die Otters: Skateiland van die Seychelles (6)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

140

Verskyningsdatum

Mei 2011

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-417-8

Die Otters se veldskoolavonture (7)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

128

Verskyningsdatum

Julie 2011

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-418-5

Die Otters in die Okavango-moeras (8)

Outeur

Cor Dirks

Aantal bladsye

120

Verskyningsdatum

Oktober 2011

ISBN (gedrukte boek)

978-1-86919-419-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Otters-bundel (boek 1 – 8)" te beoordeel
Mandjie