Die ongelooflikste sending: kies jou eie avontuur

R190.00

KIES JOU EIE AVONTUUR!

Om ’n kerkkamp saam met sy eks-boelie by te woon is vir Heinrich al erg genoeg, maar noudat Conrad skielik so hoogheilig is dat hy sommer Heinrich se beste vriend probeer steel, is dit net een te veel. Voor Heinrich iets daaraan kan doen, word hy en Conrad saam weggevoer na ’n Bybelse ryk vol wonderwerke en gevaar, en skielik is daar ver belangriker dinge op die spel: hulle lewens. Kan Heinrich en Conrad hulle verskille oorkom en saam die regte keuses maak om weer by die huis te kom? Hierdie kies-jou-eie-avontuurverhaal deur die meesterlike De Wet Hugo vat lesers saam op ’n ongelooflike sending. Die verhaal is gebaseer op verskeie geliefde Bybelverhale.

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

De Wet Hugo is op 26 November 1982 op Worcester gebore. Hy het drie ouer susters en hulle het op ’n Bolandse wynplaas, Spes Bona, tussen Worcester en Villiersdorp grootgeword. Tydens sy laerskooljare het De Wet elke dag met ‘n bus tot op Worcester gery, en gedurende sy hoërskoolloopbaan het hy in die Paarl in ’n koshuis gebly. Na skool het De Wet onderwys op Wellington en Stellenbosch studeer. Daarna het hy as laerskoolonderwyser begin werk – eers in Kaapstad en toe in Somerset-Wes. Gedurende hierdie tydperk het hy ‘n vryskutteksskrywer vir Cool Catz op E-TV geword. In 2010 het De Wet die geleentheid gekry om na Djedda in Saoedi-Arabië te verhuis, waar hy vir twaalf jaar as laerskoolonderwyser by ’n Britse Internasionale Skool gewerk het. Tans bevind hy homself in Hangzhou, China, waar hy Engels by die gesogte Wellington College gee. As skrywer het De Wet bydraes tot Tafelberg-uitgewers se bundels, Skrik op die lyf, Rympies vir pikkies en peuters, Liedjies vir pikkies en peuters, Rympies vir kleintjies en kleuters en Bybelliedjies vir kleintjies en kleuters gelewer. By Human & Rousseau-uitgewers het hy bygedra tot Skool is ’n riller en hy is ook die skrywer van onder andere die Grilgrypers-, Kies-jou- avontuur- en Kinkels en keuses-reekse. De Wet lees graag en hy beskou Stephen King, Roald Dahl en Jacqueline Wilson as van sy gunstelingskrywers.

LESERSPROFIEL

Jeug

Addisionele Inligting

Mates 21.2 × 13.7 × 1.4 cm
Outeur

De Wet Hugo

Illustreerder

De Wet Hugo

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

2023

Aantal bladsye

192

ISBN

9780637004695

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die ongelooflikste sending: kies jou eie avontuur" te beoordeel
Mandjie