Die Muishuis: Sam & Julia (1)

R160.00

Die eerste boek van 3. Elke boek kan afsonderlik gelees word, of die drie kan in volgorde gelees word. Ook goedkoper beskikbaar as ‘n bundel van al 3 boeke (sien “Bundels”).

Sam en Julia woon in die Muishuis. Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Sy hou van opwinding en sodra sy verveeld is, gaan sy buitentoe, op soek na avontuur saam met haar maatjie Sam. Die twee is onafskeidbaar.

(Meer as 100 000 eksemplare van die oorspronklike uitgawe is al verkoop. In 2012 is die boek bekroon met ’n Silveren Penseel. In 2015 is dit bekroon met ’n Gouden Boekprys.)

17 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND

Die eerste boek van 3. Elke boek kan afsonderlik gelees word, of die drie kan in volgorde gelees word. Ook goedkoper beskikbaar as ‘n bundel van al 3 boeke (sien “Bundels”).

Sam en Julia woon in die Muishuis. Julie bly saam met haar ma in ’n baie klein kamertjie op die boonste verdieping. Sy het nie ’n pa, boeties of sussies nie, en ook geen oupa of ouma nie. Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Sy hou van opwinding en sodra sy verveeld is, gaan sy buitentoe. Op soek na avontuur. Met haar maatjie Sam. Sam woon in die middel voor in die Muishuis. Hy bly saam met sy pa, ma, boeties en sussies. Hy het twee oupas en oumas, ’n paar tannies en een oom. Sam is BAIE skaam en BAIE soet. Maar as hy saam met Julia is, doen hy dinge wat hy andersins nooit sou aandurf nie. Die twee is onafskeidbaar.

Daar is meer as 100 000 eksemplare van die oorspronklike Nederlandse uitgawe verkoop en die boek is in 2012 bekroon met ’n Silveren Penseel en in 2015 met ’n Gouden Boekprys.

 

DIE OUTEUR EN DIE PROJEK

Karina Schaapman (op 6 Junie 1960 gebore in Leiden) is ’n Nederlandse skrywer en politikus. Sy debuteer in 2000 met Schoolstrijd, gevolg deur Zonder moeder in 2004. In 2008 besluit sy om ’n kinderboek te skryf. Sy was egter nog nie seker hoe sy dit sou illustreer nie. Ter inspirasie lees sy toe weer haar gunstelingkinderboek: Het muizenboek van Clinge Doorenbos. Dit was die enigste kinderboek wat Karina as kind in die huis geken het. Karina het die tekeninge van Nans van Leeuwen bekyk en gedink dat sy miskien ’n regte muishuis kon bou. Sy begin toe met ’n lapwerk-kwilt. Daarna volg vinnig ’n bedjie, en toe sommer ’n hele kamer. Toevallig het daar ’n leë kartondoos in haar huis gestaan. Sy verdeel toe die doos in verskillende woonvertrekke en so onstaan langsamerhand die eerste kamers van die Muishuis.

Toe Karina sien dat dit werk om haar idees daadwerklik om te skakel in ’n regte muishuis, begin sy meer lemoendose versamel. Sy het hulle deurgesny, met houtlym aanmekaar vasgeplak, opmekaargestapel en aangebou. Sy moes die huis met papier mâché versterk. Terwyl sy besig was om die kamers te bou en in te rig, moes Karina begin dink oor die stories wat sy vir kinders wil skryf. Elke kamer moes sy eie verhaal vertel.

Die Muishuis bevat baie outobiografiese elemente. Uit Karina se lewe en ook dié van haar man. So het haar eggenoot byvoorbeeld gereeld by sy oom die rommelboer gaan kuier. In die boeke behandel Karina onderwerpe wat belangrik is vir die belewingswêrelde van kinders soos om hutte te bou, geheime te deel, liefde te kry en versorg te word. Maar ook: om die wêreld van die bure te leer ken. Te ontdek dat andermansgebruike en -gewoontes nie bedreigend hoef te wees nie, dat daar ruimte is vir verskille en dat die verskille die wêreld verryk.

Die Muishuis word tentoongestel in die Openbare Biblioteek in Amsterdam. Die boekereeks is intussen in vyf-en-twintig tale verkrygbaar. Karina het saam met haar kinders ’n familiebesigheid begin en saam werk hulle elke dag aan nuwe stories en dekor vir die boeke.

 

DIE VERTALER

Shané Kleyn het ’n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is sedert April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sy het meer as 60 kinderboeke uit Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

 

LESERSPROFIEL

4-9 jaar (voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 22.9 × 26.5 cm
Outeur

Karina Schaapman

Vertaler

Shané Kleyn

Aantal bladsye

70

Verskyningsdatum

Augustus 2017

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0588-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Muishuis: Sam & Julia (1)" te beoordeel
PRYSWENNER
Mandjie