Die Muishuis: By die teater (3)

R160.00

Die laaste boek van 3. Elke boek kan afsonderlik gelees word, of die drie kan in volgorde gelees word. Ook goedkoper beskikbaar as ‘n bundel van al 3 boeke (sien “Bundels”).

Sam en Julia woon in die Muishuis. Hulle is beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap, min wetend dat die klip later handig te pas sal kom …

(In 2012 is die oorspronklike uitgawe as Best Verzorgde Boek in Nederland aangewys.)

25 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die laaste boek van 3. Elke boek kan afsonderlik gelees word, of die drie kan in volgorde gelees word. Ook goedkoper beskikbaar as ‘n bundel van al 3 boeke (sien “Bundels”).

Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap, min wetend dat die klip later handig te pas sal kom …

Soos in die topverkoper Die Muishuis, Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers en ruimtes in die Muishuis verken.

Nog nooit is daar vir diere so ’n mooi nessie gebou soos in Karina Schaapan se Die Muishuis nie.

– NRC Handelsblad

In 2012 is die oorspronklike uitgawe as Best Verzorgde Boek in Nederland aangewys.

 

DIE OUTEUR EN DIE PROJEK

Karina Schaapman (op 6 Junie 1960 gebore in Leiden) is ’n Nederlandse skrywer en politikus. Sy debuteer in 2000 met Schoolstrijd, gevolg deur Zonder moeder in 2004. In 2008 besluit sy om ’n kinderboek te skryf. Sy was egter nog nie seker hoe sy dit sou illustreer nie. Ter inspirasie lees sy toe weer haar gunstelingkinderboek: Het muizenboek van Clinge Doorenbos. Dit was die enigste kinderboek wat Karina as kind in die huis geken het. Karina het die tekeninge van Nans van Leeuwen bekyk en gedink dat sy miskien ’n regte muishuis kon bou. Sy begin toe met ’n lapwerk-kwilt. Daarna volg vinnig ’n bedjie, en toe sommer ’n hele kamer. Toevallig het daar ’n leë kartondoos in haar huis gestaan. Sy verdeel toe die doos in verskillende woonvertrekke en so onstaan langsamerhand die eerste kamers van die Muishuis.

Toe Karina sien dat dit werk om haar idees daadwerklik om te skakel in ’n regte muishuis, begin sy meer lemoendose versamel. Sy het hulle deurgesny, met houtlym aanmekaar vasgeplak, opmekaargestapel en aangebou. Sy moes die huis met papier mâché versterk. Terwyl sy besig was om die kamers te bou en in te rig, moes Karina begin dink oor die stories wat sy vir kinders wil skryf. Elke kamer moes sy eie verhaal vertel.

Die Muishuis bevat baie outobiografiese elemente. Uit Karina se lewe en ook dié van haar man. So het haar eggenoot byvoorbeeld gereeld by sy oom die rommelboer gaan kuier. In die boeke behandel Karina onderwerpe wat belangrik is vir die belewingswêrelde van kinders soos om hutte te bou, geheime te deel, liefde te kry en versorg te word. Maar ook: om die wêreld van die bure te leer ken. Te ontdek dat andermansgebruike en -gewoontes nie bedreigend hoef te wees nie, dat daar ruimte is vir verskille en dat die verskille die wêreld verryk.

Die Muishuis word tentoongestel in die Openbare Biblioteek in Amsterdam. Die boekereeks is intussen in vyf-en-twintig tale verkrygbaar. Karina het saam met haar kinders ’n familiebesigheid begin en saam werk hulle elke dag aan nuwe stories en dekor vir die boeke.

 

DIE VERTALER

Shané Kleyn het ’n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is sedert April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sy het meer as 60 kinderboeke uit Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

 

LESERSPROFIEL

4-9 jaar (voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 22.9 × 26.5 cm
Outeur

Karina Schaapman

Vertaler

Shané Kleyn

Aantal bladsye

70

Verskyningsdatum

September 2017

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0589-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Muishuis: By die teater (3)" te beoordeel
PRYSWENNER
Mandjie