Die meisie met vlerke

R220.00

Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in ‘n huis op wiele en moet elke paar maande na ‘n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik – iets wat ten alle koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik … Iemand is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie – veral nie twee kinders nie.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.

LESERSPROFIEL

9 jaar en ouer

Addisionele Inligting

Outeur

Jaco Jacobs

Illustreerder

Tori Stowe

Verskyningsdatum

2022

Omslag

Sagteband

ISBN

9781776251766

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die meisie met vlerke" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie