Die knorrige kwêvoël

R150.00

Vertaal deur Jaco Jacobs.Die ander voëls wil graag met haar speel en gesels, maar Kwêvoël wil net uitgelos word.

Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwêvoël dat ons almal ’n vriend of twee nodig het.

6 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Vertaal deur Jaco Jacobs

“Kwêvoël sit rustig in haar nes hoog daar bo,

met haar grys opwipkuif en haar wakker kraaloë.”

Die ander voëls wil graag met haar speel en gesels, maar Kwêvoël wil net uitgelos word.

Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwêvoël dat ons almal ’n vriend of twee nodig het.

 

OOR DIE OUTEUR

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” van 2011–2013 en het al meer as 100 kinderboeke geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

 

VERTALER

Die immergewilde Jaco Jacobs!

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Catherine Rayner is ’n bekroonde skrywer en illustreerder. Sy het illustrasie aan die Edinburgh College of Arts gestudeer, en woon steeds in dié stad saam met haar man en twee seuns. In 2008 is Rayner aangewys as een van BookTrust se tien Beste Nuwe Illustreerders, en in 2009 het sy die gesogte CILIP Kate Greenaway-medalje gewen.

 

OOR DIE VERTALER

Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en outeur. Sy outeursloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste kort stories in tydskrifte verskyn het. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en nie-fiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoper-skrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is een van die kernbestanddele in enige prettige kinderboek en sy boeke en vertalings word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.

 

LESERSPROFIEL

4 – 8 jaar (kleuters, voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.0 × 25.0 cm
Outeur

Julia Donaldson

Illustreerder

Catherine Rayner

Verskyningsdatum

Junie 2023

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

32

Vertaler

Jaco Jacobs

ISBN

978-1-4853-1497-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die knorrige kwêvoël" te beoordeel
Mandjie