Afslag!

Die Hobbit

Original price was: R230.00.Current price is: R200.00.

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak …

Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wêreld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

“’n Knapgeskrewe sage oor dwerge en elwe, vreesaanjaende aardgeeste en trolle.” Observer

“’n Foutlose meesterstuk.” The Times

4 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak …

Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wêreld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

“’n Knapgeskrewe sage oor dwerge en elwe, vreesaanjaende aardgeeste en trolle.” Observer

“’n Foutlose meesterstuk.” The Times

 

OOR DIE OUTEUR

J.R.R. Tolkien is in 1892 in Suid-Afrika gebore. Nadat hy as luitenant in die Eerste Wêreldoorlog gedien het, het hy hom as akademikus onderskei en word gereken as een van die beste letterkundiges in die wêreld. Hy het verskeie professorate beklee en is talle kere bekroon. Hy is in 1973 oorlede. The Hobbit, professor Tolkien se debuutwerk, is die eerste deel van die verhaal wat in die drie volumes van The Lord of the Rings hervat en voltooi word. In die 1930’s het Tolkien die verhaal van The Hobbit aan sy kinders begin vertel – na publikasie was dit onmiddellik suksesvol. Die boek is wyd vertaal en was sedertdien nog nooit uit druk nie.

 

OOR DIE VERTALER

Janie Oosthuysen is ’n gerekende naam in Suid-Afrikaanse vertalerskringe en met meer as 300 publikasies agter haar naam ook skrywer in eie reg. Haar werk is al verskeie kere bekroon, onder andere met die SAVI-toekenning en die Akademie-prys vir haar Harry Potter-vertalings, asook die ATKV-prys en die C.P. Hoogenhout-medalje vir kreatiewe skryfwerk. Sy het ook by ’n aantal internasionale konferensies opgetree, soos die Harry Potter-vertalers-konferensie in Parys, die SCBWI-konferensie in Goudini en die UNESCO-skryfskool in Windhoek.

 

LESERSPROFIEL

Ouer jeug, tieners

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

400

Verskyningsdatum

2017

Outeur

J.R.R. Tolkien

Vertaler

Janie Oosthuysen

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Hobbit" te beoordeel
Topverkoper!Ook op TV!
Mandjie