Die Heerser van die Ringe: Die Twee Torings (2)

R285.00

Die Kameraadskap van die Ring is uiteengedryf. Party berei hulle sonder hoop voor vir oorlog teen die oeroue boosheid van Sauron. Ander kry te kampe met die verraderlikheid van die towenaar Saruman. Slegs Frodo en Sam bly oor om die vervloekte Ring van Mag na Mordor – die donker koninkryk waar Sauron heers – te neem en te vernietig. Hulle gids is Gollum, listig en hebsugtig, ’n slaaf van die ring wat almal die verderf in lei. Só vervolg hierdie manjifieke topverkoper, ’n verhaal vol avontuur wat met Die Kameraadskap van die Ring begin het, en met ’n oorrompelende hoogtepunt in Die Koning keer terug ten einde loop.

Die tweede titel in die gewilde Lord of the rings-reeks, nou in Afrikaans beskikbaar.

(Koop in ‘n bundel en spaar! Sien “Bundels”.)

 

 

4 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Die Kameraadskap van die Ring is uiteengedryf. Party berei hulle sonder hoop voor vir oorlog teen die oeroue boosheid van Sauron. Ander kry te kampe met die verraderlikheid van die towenaar Saruman. Slegs Frodo en Sam bly oor om die vervloekte Ring van Mag na Mordor – die donker koninkryk waar Sauron heers – te neem en te vernietig. Hulle gids is Gollum, listig en hebsugtig, ’n slaaf van die ring wat almal die verderf in lei. Só vervolg hierdie manjifieke topverkoper, ’n verhaal vol avontuur wat met Die Kameraadskap van die Ring begin het, en met ’n oorrompelende hoogtepunt in Die Koning keer terug ten einde loop.

Die tweede titel in hierdie trilogie.

(Koop in ‘n bundel en spaar! Sien “Bundels”.)

 

OOR DIE OUTEUR EN VERTALER

Hoewel J.R.R. Tolkien se ikoniese Die heerser van die ringe geen bekendstelling nodig het nie, is die Afrikaanse vertaling daarvan ’n geweldig opwindende eerste. Tolkien self was baie krities oor die vertaling van sy werk (“That this is an ‘imaginary’ world does not give [the translator] any right to remodel it according to his fancy, even if he could in a few months create a new coherent structure which it took me years to work out,” skryf Tolkien in ’n brief aan sy uitgewer met betrekking tot die Nederlandse vertaling van die teks), en Janie Oosthuysen se vindingryke dog uiters sensitiewe benadering tot die wêreld van Middel-aarde skep ’n verbeelde werklikheid wat tegelykertyd bekend én splinternuut is.

 

LESERSPROFIEL

Aanhangers van fantasie – jonk sowel as oud. (Die Afrikaanse teks maak wel ’n relatief komplekse werk leesbaarder en meer verstaanbaar vir ’n jonger fantasiegehoor – hier dink ’n mens veral aan jong tieners wat die filmweergawe ken maar nog nie kans sien vir die Engelse boeke nie.)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

J.R.R. Tolkien

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

444

Verskyningsdatum

2019

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0976-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Heerser van die Ringe: Die Twee Torings (2)" te beoordeel
Topverkoper!Ook op TV!
Mandjie